CrimeLocal newsNews

Johan-Rick ontslaan, Dohan steeds in intensiewesorgeenheid

“Dit gaan goed met ons twee seuns, onder omstandighede gaan dit baie goed.”

“Dit gaan goed met ons twee seuns, onder omstandighede gaan dit baie goed.”

Me. Wanda Greeff het Dinsdag 5 Januarie die nuutste nuus oor haar twee seuns gedeel wat in die Desembervakansie albei met ’n mes gesteek is.

ze8-1rs
Johan-Rick en Dohan Greeff is op 23 Desember met ’n mes gesteek op Margate.

Dohan is in sy oog gesteek en Johan-Rick in die kop links bokant sy oor.
Johan-Rick is ontslaan. Hy het 50% van sy gehoor teruggekry. Die gat in sy oordrom is toe, maar hy sal geopereer moet word om die gebreekte beentjies in sy oor te herstel. Hy gaan ook plastiese chirurgie nodig hê om sy wang te herstel.

Dohan is nog steeds in die intensiewesorgeenheid en daar word gesukkel om hom te stabiliseer.
Die oogspesialis het gesê die senuwee in Dohan se oog het baie seergekry en sy glo nie hy sal sy oog kan gebruik nie.

“By God is in niks onmoontlik nie. Dit is nou ons gebed dat God Dohan se oog aanraak,” het me. Greeff gesê.
“Dohan is by tye nog baie deurmekaar. Hy kry fisioterapie en sit met tye in ’n stoel.”

ze8-2rs
Dohan Greeff is in die oog gesteek.

Die broers is op 23 Desember met ’n mes gesteek terwyl die gesin op vakansie was in Margate.
Vir die familie het die nagmerrie begin toe Dohan vroeër die aand voor die woonstel waar die gesin gebly het van sy selfoon beroof is. Rowers het hom met ‘n mes aangehou.

ze8-3rs
Johan-Rick is in die kop links bokant sy oor gesteek.

Nadat hy sy familie vertel wat gebeur het, het Johan-Rick en ook hul pa mnr. Boet Greeff in die kar geklim om die booswigte te gaan soek.
Mnr. Greeff het sy seuns by ’n pretpark naby die hoofstrand afgelaai in die hoop om die verdagtes te kry. Hulle sou mekaar later by die Wimpy ontmoet.

Johan-Rick het sy pa se gaspistool uitgehaal toe drie vreemde mans vanuit die niet hulle verskyning gemaak het.
Toe die mans nader kom het hy met die gaspistool op hulle geskiet.
Twee het hulle uit die voete gemaak en Dohan het die derde man agterna gesit.
Die man het hom by die roomysstalletjie ingewag en in die hardloop met ‘n mes gesteek.
Johan-Rick se been is in gips en hy kon nie so vinnig hardloop nie. Hy het gesien hoe Dohan gesteek word. Hy het ook met die gaspistool op die man losgetrek.

Die man het Johan-Rick ook oorval en met dieselfde mes gesteek.
Die broers is in Ethekwini Hospitaal opgeneem.
Intussen stroom boodskappe op sosiale media in vir die Greeff familie.

Die Greeff-egpaar bedank almal vir die gebede en boodskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button