LifestyleLocal newsNews

Andries Hendrik, een van SA se mooiste mans

Hy is lank, blond en gespierd, ligjare verwyder van sy Voortrekker-oupagrootjie.

Hy is lank, blond en gespierd, ligjare verwyder van sy Voortrekker-oupagrootjie.
Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot Voortrekkergeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het, word beskryf as ’n groot man van oor die ses voet, sterk gebou en met ’n indrukwekkende maar vriendelike voorkoms. Sy baard en hare was donkerbruin met ’n rooi skynsel, en tot ongeveer middelbare leeftyd het hy sy hare om die kop met ’n rand geskeer.

ze20rs
Andries Hendrik smeul voor die kameras.

Sy naamgenoot, Andries Hendrik Potgieter is as een van die mooiste manne in Suid-Afrika aangewys.
Die tydskrif, Cosmopolitan, wys elke jaar hulle 12 mooiste manne in die jaarlikse Cosmo Sexiest Men Calendar aan en Andries Hendrik is aangewys as Mnr. Julie en hy pronk saam met 11 ander in die gesogte kalender. Onder diegene wat in die kalender verskyn is n hele paar Springbokrugbyspelers, sportsterre, akteurs en topmodelle. Andries Hendrik is die enigste sanger wat in die kalender verskyn.

“Ek kon dit eers nie glo toe hulle my met die goeie nuus skakel nie; dis mos nou nie iets wat mens verwag nie. Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om deel uit te maak van hierdie kalender. Mens werk hard in die gimnasium sowel as in jou loopbaan as sanger en model maar wanneer mens hierdie tipe van erkenning kry is dit altyd ‘n groot eer,” het hy gesê.

Andries Hendrik is bekend vir sy Rooiwarm FAK album sowel as sy Basta-album waar hy ook die wen-duet ‘Ons is Afrika’ saam met Steve Hofmeyr opgeneem het. Deesdae is hy in die sanggroep DZL wat onlangs ‘n platekontrak losgeslaan en groot planne het vir die jaar.
Andries Hendrik het ook baie sukses as ‘n model behaal en het reeds aan die grootste modegeleenthede in die wêreld deelgeneem. Dit sluit in New York Fashion Week, Ghana Mercedes Benz Fashion Week, SA Menswear Week, SA Fashion Week, Durban Fashion Fair en nog vele meer.

Hy is 35 jaar terug hier in eMalahleni gebore en het sy skoolloopbaan elders voltooi, maar teruggekeer en sendingswerk plaaslik kom doen.

Andries Hendrik se oë is sag, hy is ’n diep mens wat oor die dorings op sy lewenspad gestap het. Van die dorings het letsels gelaat, maar van die dorings het vir hom waardevolle lewenslesse geleer. Dit is daardie lesse wat hy met die jeug deel in die hoop om ’n verskil te maak.
Op 28 Januarie word die wenner van die Cosmopolitan Kalender aangewys en Andries Hendrik is tans hard aan die werk om sy lyf in top kondisie te kry.

“My voorkoms en gesondheid was nooit regtig so belangrik nie, maar noudat ek ouer word het ek die gesonde lewenstyl deel van my daaglikse roetine gemaak. Ek dink nie mense besef hoeveel ure en selfbeheersing mens moet toepas om jou lyf reg te kry nie. Ek is bevoorreg om ‘n wonderlike span te hé wat saam met my werk om seker te maak ek is in die beste kondisie van my lewe,” het hy gesê.

Lede van die publiek kan vir hulle gunsteling mooiste man stem deur die volgende skakel te volg:

https://www.cosmopolitan.co.za/win/cosmo-sexy-men-2016-vote-for-your-fave-and-win

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button