Seuns beseer in bootongeluk
Twee tienerseuns is nog in die hospitaal waar hulle besig is om te herstel na ’n bootongeluk op Witbankdam.

Twee tienerseuns is nog in die hospitaal waar hulle besig is om te herstel na ’n bootongeluk op Witbankdam.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is uitgeroep na ’n bootongeluk om 13:30 op Sondag 10 Januarie.
Die tieners het van Barham Bay gery met die boot toe die ongeluk gebeur het.
Morne Swanepoel (17), ’n leerlinge van die Hoër Tegniese Skool en Stephan Marais (17), ’n leerlinge van Hoërskool Generaal Hertzog was op ’n binneband en Dominique Boshoff (18), ’n leerlinge van Hoërskool Generaal Hertzog was in die boot.

Witbankdam se watervlak wat baie gedaal het oor die laaste twee maande. Die foto is op Sondag 10 Januarie geneem die dag toe die bootongeluk gebeur het. (Foto: dr. Robert Clark).
Na bewering het hulle deur die kloof gevaar toe die binneband waarop Swanepoel en Marais was ’n klip getref het. Die twee seuns is af geslinger.

Morne Swanepoel (17) het sy bekkenbeen gebreek.
Boshoff het in die water gespring, waar sy Swanepoel gehelp tot die ambulanse op die toneel aangekom het.
Marais is op ’n ‘jetty’ gevind waar hy in pyn gelê het.
Dr. Thomas Cross was eerste op die toneel waar hy die twee seuns gehelp het.
Paramedici het die twee seuns behandel vir hulle beserings en Boshoff is behandel vir skok.
Boshoff is Maandag 11 Januarie ontslaan na haar behandeling.
“Morne was in teater. Sy bekkenbeen is gebreek en die spier is geskeur maar hulle het dit geheg,” het me. Rene Swanepoel gesê.

Stephan Marais (17) het sy linkerarm en linkerbeen gebreek.
Swanepoel en Marais is steeds in Life Kosmos Hospitaal waar hulle behandel word vir hulle beserings.
“Die polisie is besig om die saak te ondersoek volgens die Kommersiële Skeepwet,” het kaptein Eddie Hall, woordvoerder van Witbank Polisie gesê.

Dominique Boshoff (18) is behandel vir skok.
Boodskappe van ondersteuning is op Facebook gesit.
*Ruwaan Durrheim het gesê; Sterkte Morras …. Jys in ons gebede maata … Stay strong.
*Morras my pella…sterkte..dit sal goed gaan…stay strong is ’n boodskap van Adriaan Botes.
*’n Boodskap van Jolani Jansen van Rensburg; Morras eks bly jys okey:) Sterkte met die herstel. Dink aan jou hoor.
*Annette Robbertse het gesê; Vasbyt, ou Sharkie – ek dink aan jou. God is in beheer.
