Local newsNews

‘Home sweet home’ vir Greeff-broers

Dohan en Johan-Rick Greeff is by die huis waar hulle aansterk.

Dohan en Johan-Rick Greeff is by die huis waar hulle aansterk.
Dit gaan goed met die broers wat op 23 Desember met ’n mes gesteek is tydens die gesin se vakansie in Margate.

“Dit was so ’n lang tyd, nie ’n maklike tyd vir ons familie nie. Vandag is vol emosie, vreugde, trane sommer als,” het me. Wanda Greeff, Dohan en Johan-Rick se ma gesê.
“Dit het gevoel of hierdie dag nooit gaan aanbreek nie, en nou dat dit het is dit amper onwerklik! Ons is by die huis en ons is regtig baie dankbaar daarvoor. Dankie liewe Jesus,” het me. Greeff gesê.

ze39 deep edge plsers
Dis vir Dohan en Johan-Rick Greeff lekker om by die huis te wees na meer as drie weke in Ethekwini Hospitaal in Durban.

Dohan se bloed moet weekliks getoets word om te monitor dat sy liggaam nie te veel sodium en glukose afskei nie. Die dokters hou ook ’n streng oog op hoe sy liggaam op medikasie reageer.

Johan-Rick het Woensdag ’n afspraak met ’n oorspesialis in Pretoria gehad. Die het gekyk of dit moontlik is om die beentjies in sy oor te heg.

Dohan het ’n oogspesialis Donderdag in Johannesburg gaan sien waar daar vasgestel gaan word of sy oog verbetering toon en dit gered kan word.

Tydens die aanval is Dohan met ’n mes in sy oog gesteek en Johan-Rick is in die kop links bokant sy oor gesteek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button