CrimeNews

Slagoffer besteel, nie aangehou

’n Slagoffer is na bewering besteel, nadat hy wakker gemaak is deur onbekende mans by die huis waarin hy woon.

’n Slagoffer is na bewering besteel, nadat hy wakker gemaak is deur onbekende mans by die huis waarin hy woon.

Hy het aan die polisie vertel dat hy ongeveer 10:15 op Sondag, 26 Junie geslaap het toe gewapende rowers hom wakker gemaak het in Del Judor.

Hy het ook gesê dat hy na die naaste vertrek gehardloop het met ’n paniekknoppie en dit gedruk het, toe hy onraad begin vermoed.

Hy het ook aan die polisie vertel dat hy deur die een venster gekyk het en gesien hoe die verdagtes met ’n televisie by die hek uit is. Volgens die slagoffer het die mans in ’n wit Polo Vivo van die toneel gevlug.

Hy was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie en die saak word ook steeds ondersoek deur Witbank Polisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button