Die trein kom weer
“Hierdie is ’n gemeenskapsprojek en samewerking kan die dorp net goed doen. Die flot sal ’n week of wat voor die wedren in die strate beweeg om almal daarvan bewus te maak dat die trein weer kom,” het Mnr Chris Roos van WH de Klerk skool ten slotte gesê.
In 2015 het die organiseerders van die jaarlikse‘Train Race’ dit bekend gemaak dat die trein nie saam met die deelnemers sal reis soos in die vorige jare nie.
Hierdie jaar het die welsyn organisasie, Rotarus met ’n blink alternatiewe plan voorendag gekom om die “trein” terug te bring. WH de Klerk se leerders asook personeel het dadelik hul fasiliteite aangebied om ’n model trein te bou vir die groot wedren wat in Augustus sal plaasvind.
Dus word enige en alle lede van van die eMalahleni gemeenskap uitgenooi om deel te wees van die bou van die treinflot wat op 11 Julie sal begin by WH de Klerk Skool.
Skole en besighede kan ook hul eie flotte bou vir die pret daarvan en daar sal pryse te wen wees vir die mooiste en beste flot wat gebou is.