CrimeNews

Wrede daad by Klipfonteindam

Vir ’n paar jaar weet die inwoners van eMalahleni dat die eens mooi piekniek plekkie by Klipfonteindam glad nie meer veilig is nie.

Vir ’n paar jaar weet die inwoners van eMalahleni dat die eens mooi piekniek plekkie by Klipfonteindam glad nie meer veilig is nie.

Die afgelope week het nog ’n vrou na vore gekom wat glo by Klipfonteindam verkrag is Woensdag, 22 Junie.
Volgens die slagoffer het sy by haar suster kom kuier in eMalaheni. Haar suster het haar blykbaar gevra om ’n paar huishoudelike goedere te gaan kry by ’n supermark naby aan waar sy woon.

Op pad het ’n voertuig langs die slagoffer gestop en haar ’n saamrygeleentheid aangebied. Sy het niks vreemd vermoed nie, aangesien die verdagte wat in die voertuig was, die einste man was waar haar sussie by gehuur het.

Hulle het glo toe by die winkel gestop en sy het die nodige goedere gekry, daarna het die verdagte by ’n drankwinkel ingegaan en uitgekom met ’n klomp drank en hulle het weer na die woning se rigting gery.

Daar word verder beweer dat die verdagte toe ’n ompad gery het en by Klipfonteindam stilgehou het. Hy het die drank begin drink en haar glo begin betas.

Toe hy haar blykbaar klaar verkrag het, het hy sy broek weer aangetrek en huiswaarts gery asof niks gebeur het nie.
Dis nog nie bekend of die verdagte in hegtenis geneem is nie, maar die saak duur voort.

LEES OOK:
Huilende vrou word verkrag
Verkrag deur ‘n MIV positiewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button