
Nog ’n mes is gevind op die moordtoneel ’n week na die gru-moord op mnr. Erick Hattingh.
Die moord wat op Vrydag 24 Junie plaasgevind het in Watermeyerstraat los nou nog meer vrae en die familie in steeds die donker.
’n Huurder wat by Hattingh ’n kamer gehuur het en steeds daar woonagtig is, het ’n week na die moord ’n bebloede mes onder sy bed ontdek.
Op 1 Julie wyl die familie van Hattingh reggemaak het om hom te begrawe het me. Melissa Johnston, Hatting se susterskind, ’n oproep van die huurder ontvang waar hy gesê het dat die bebloede mes onder sy bed gevind is.
“Hy was in ’n toestand oor hierdie ontdekking,” het Johnston gesê.
WITBANK NUUS het in die vorige uitgawe berig dat ’n verdagte haarself ’n dag na die moord aan die polisie oorgegee het.

Die bebloede mes wat op Vrydag, 1 Julie gevind is, ’n week na die grumoord van mnr. Erick Hattingh.
Verder is daar berig dat die verdagte self die moordwapen aan die polisie oorhandig het.
Sy het glo die moordwapen agter in die erf gaan haal. Die verdagte het op 27 Junie vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van moord maar is vrygelaat op redelike twyfel van selfverdediging tot alle inligting rakende die toneel afgehandel is.
“Almal word nou gevra om verklarings af te lê sodat die saak weer op die hofrol kan kom,” het Johnston verder gesê.
Die verdagte het op haar eerste verskyning in Witbank Landdroshof geen bekentenis afgelê nie.
“Ek moet sê dat die ondersoekbeampte baie behulpsaam is en ons familie met elke bietjie inligting in kennis stel hoe die saak vorder. Dis net om te wag vir die forensiese uitslae wat lank vat,” het Johnston ook vertel.
“As ’n mens na die moordtoneel kyk maak die hoeveelheid bloed nie sin vir net twee steekwonde nie,” het sy ook gesê.
Maar volgens die woordvoerder van Witbank Polisiestasie, kapt. Eddie Hall is Hattingh se hoofslagaar raakgesteek en dit kan die oorsaak wees van al die bloed.
“Hier is net só baie vrae wat nie kan geantwoord word nie,” het Johnston ten slotte gesê.
LEES OOK:
Man (45) dood na mes-moord
Murder suspect shoots himself
