Local newsNews

Hall sug van verligting

Dit volg na haar seun, mnr. Ronald Hall se normale roete van Nelspruit na Pretoria, in ’n nagmerrie ontaard het.

“Ons is baie dankbaar, dit klink of die saak nie sal voortgaan nie,” het ’n verligte me. Ida Hall gesê.

Soos vroeër berig in die WITBANK NUUS van Vrydag, 3 Junie het Ronald ’n voetganger raakgery op die N4- snelweg, kort na die Mandelastraat-afrit.

Sy ma het vertel dat dit vir Ronald gevoel het of hy iets raakgery het, en hy het stilgehou om sy pa te kontak vir hulp.

“Hy is glad nie bekend met die area nie, en was nie seker wat om te doen nie, dit was ’n groot skok vir hom,” het Ida verder gesê.

Sy pa het voorgestel dat hy na die naaste polisiestasie gaan en terwyl hy op Google daarna gesoek het, was hy toegesak deur drie mans.

“Hy is met ’n mes gedreig en sy beursie, selfoon, oefensak en alles wat die diewe hul hande kon oplê, is gesteel,” het Ida vroeër vertel.

Sy het Maandag gesê dat die saak van die diefstal gesluit is, en dat dit ook klink of die saak van die voetganger moontlik nie sal voortgaan.

Mc559rs
Die voetganger wat op Vrydag, 27 Mei raakgery is op die N4- snelweg.

“Dit is steeds nie bevestig nie, maar Ronald het nog nie in die hof verskyn nie. Hulle het ons wel ingelig dat daar ’n probleem is met voetgangers wat oor die snelweg hardloop en dat die saak moontlik nie sal voortgaan nie. Dit was donker toe die ongeluk gebeur het, en Ronald het haar nie gesien nie,” het Ida ook by gelas.

Sersant David Ratau, polisiewoordvoerder van Witbank Polisie het gesê dat ’n verbygaande motoris die liggaam in die veld gesien het, en hy is direk polisiestasie toe.

“Hy het gevra ons moet gaan kyk, hy het nie by die toneel gestop nie,” het sers. Ratau gesê.

“Ons is bietjie rustiger, en Ronald ook. Dit was geweldig traumaties, maar daar is so klein liggie aan die einde van die tonnel. Ons wag nou vir verdere nuus aangaande die saak,” het Ida ten slotte gesê.

LEES OOK:
Motorfiets eis voetganger se lewe
‘Stop asseblief by stopstraat!’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button