CrimeNews

Naweek vir besigheidseienaars beteken besigheid vir boewe

Die afgelope tyd het baie besigheidseienaars regoor eMalahleni deel dieselfde ervaringe as Mnr Tshidiso Mabitla wie se besigheid besteel is

Besighede word meestal oor naweke besteel.
Die afgelope tyd het baie besigheidseienaars regoor eMalahleni deel dieselfde ervaringe as Mnr Tshidiso Mabitla wie se besigheid besteel is.

Op 16 Julie het Mabitla wakker geword en gereed gemaak om sy naweek verder te geniet met ’n ontbyt saam met sy geliefdes tot ’n oproep alles bederf het.

“Ek was so onkant gevang toe ek ’n oproep van een van my werkers ontvang wat sê my winkel is leeg. Ek het nie dadelik verstaan wat hy bedoel daarmee nie en vir hom gesê ek sal die opkomende week weer voorraad gaan aankoop, ” het Mabitla gesê.

Min wetend het die werker eintlik bedoel dat hy van alles in sy winkel gesteel is.
Dis toe Mabitla vra wat alles benodig word by die winkel en hy van sy voete geslaan is toe sy werker sê,

“alles is gesteel en nie uitverkoop nie.”

“Ek het met haas gejaag waar my winkel geleë is waarop ek op my werker afgekom het wat verstom staar na die rakke en oopgebreekte kluis,” het hy gesê

Daar word beweer dat die diewe oornag toegang verkry het en self die alarm sisteem gedeaktiveer het, aangesien Mabitla geen oproep ontvang het van sy sekuriteitsmaatskappy nie.

“Die diewe het definitief geweet wat hulle doen en het dit goed gedoen,” het hy bygelas.

By ’n ander voorval wat ook Saterdag plaasgevind het, het die eienaar van ’n klein winkeltjie deur die aand wakker geskrik van iemand wat verwoed ruk en pluk aan sy deur.

“Dit was baie geraas en ek was bang om te gaan kyk maar tevergeefs want die rowers het hulle ingang tot my winkel wat my huis ook is verkry,” is gesê deur die eienaar,
mnr John Manentji.

Daar was volgens John vier mans wat onbekend was aan hom.

“Een van die rowers het op my afgepyl met ’n vuurwapen in sy hand en dis toe ek weet dat hulle my gaan beroof van alles wat ek het asook my seker leed aandoen,” het die hartseer John gesê.

Die rowers het alles gevat wat waarde het, maar volgens John was dit so min goedere.

“Die rowers besef nie dat hulle meer gesteel het as wat hulle gekry het nie. Ek moet sit en bang wees deur die aand en ek moet sit en wag vir die booswigte om terug te keer want die berusting in my hart is saam gesteel,” het hy verder vertel.

Die rowers het volgens John vir hom in Zulu gesê dat hulle verseker gaan terugkom maar het tot dusver nog nie weer toegesak nie.

Nog nie een verdagte is opgespoor en gearresteer nie.

“Die werklikheid is ongelukkig dat net klein besighede deesdae geteiken word. Die eienaars van enige besigheid moet probeer om die minimum kontant op die perseel te hou en meer paraat te wees op hul persoonlike veiligheid as dit kom by die oop en toe maak van die besigheid,” het die woordvoerder van Witbank SAPD, kapt. Eddie Hall gesê.

Die raad wat van die polisie se kant af kom, is om enige verdagte persoon of voertuig aan te gee by hul beheerkamer wat geskakel kan word op 10111.

LEES OOK:
Soveelste inbraak by besigheid
Boewe vang sy baas na drie probeerslae

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button