CrimeNews

Opvolg – Sypaadjie-meisie onthou steeds niks

Daar is steeds geen nuwe inligting oor hoe ’n 19-jarige meisie kaal op ’n sypaadjie wakker geword het nie.

Daar is steeds geen nuwe inligting oor hoe ’n 19-jarige meisie kaal op ’n sypaadjie wakker geword het nie.
’n Nagwag wat op 9 Julie aan diens was by ’n gastehuis in Paulstraat waar die meisie kaal wakker geword het, het ’n vorige getuie se weergawe gestaaf.

’n Vrou wat in dieselfde straat bly het gesê sy en haar man het wakker geword met angsbevange gille in die vroeë oggendure.

“Ons het dadelik uitgegaan en ’n jong meisie, met net haar kousies aan voor ons hek gesien. Dit was verskriklik koud en die arme kind was heeltemal deurmekaar. Sy het my selfoon gevra en iemand gebel wat op hulle beurt haar ouers in die hande gekry het,” het die vrou gesê.

“Ons het nie geweet wie die meisie is of wat die omstandighede was nie. Ons het haar toegedraai en polisiestasie toe geneem waar haar ouers reeds vir ons gewag het,” het die vrou vertel.

Die nagwag het gesê dit was daardie nag bitter koud toe sy aandag ook deur die gille getrek was.

“Ek het in die straat afgekyk en toe ek hier kyk toe staan die nonnetjie voor my net met sulke blou kousies aan. Ek het eers gedink ek droom. Toe ek weer sien toe gaan sy daar in die straat af,” het hy gesê.

Hy en die vrou, wat vroeër met WITBANK NUUS gepraat het, se man het agter die meisie aangery en haar ’n straat verder aan gekry.

“Ek het haar gevang en in die kar gesit. Sy was yskoud en heeltemal deurmekaar. Daai man en sy vrou het haar toegemaak en polisiestasie toe geneem,” het die nagwag gesê.

Die meisie se ma het gesê sy is op ’n emosionele wipplank omdat sy niks van die aand se gebeure kan onthou nie.

“Sy probeer baie hard, maar alles is ’n diep donker gat. Sy kry tans sielkundige hulp en oorweeg hipnose,” het haar ma gesê.

Al wat die meisie kan onthou is dat sy en ’n vriend na die nagklub is waar hulle by ’n tafel gesit en sy ’n paar slukkies Savanna gedrink het.

Sy onthou ’n onbekende vrou het na hul drankies en haar beursie gekyk terwyl sy en haar vriend op die dansbaan was. Toe hulle terugkeer het haar vriend weer opgestaan en verder gaan dans.

Die eienaar van die nagklub waar die meisie voor die onaangename ondervinding gekuier het, het gesê hy het al die videomateriaal van die aand aan die polisie gegee wat tans besig is met ’n ondersoek.

Name word weerhou om die meisie se identiteit te beskerm.

READ ALSO:
Meisie word kaal op sypaadjie wakker
Rape victim jumps out of window to escape

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button