CrimeNews

Verkrag langs die snelweg

Sy het ook aan die polisie vertel dat die verdagte ’n mes in sy hand gehad het, en homself ook begin ontklee het.

’n Slagoffer tel nog die gebreekte stukkies van haar siel op, nadat sy langs die snelweg verkrag is.

Sy het aan die polisie vertel dat sy op Vrydag, 29 Julie oor die N4-snelweg vanaf haar werkplek geloop het. Dit was omstreeks 18:20 die aand en ’n onbekende man het haar glo gevra hoe laat dit is. Hy het na bewering ook vir haar gesê dat daar ’n funksie aan die gang is, en mense word benodig om daar uit te help.

Volgens die slagoffer het hulle langs die snelweg, onder ’n brug stilgehou en hy het vir haar gesê om haar klere uit te trek. Sy het ook aan die polisie vertel dat die verdagte ’n mes in sy hand gehad het, en homself ook begin ontklee het.

Daarna is sy verkrag en aan haar eie genade oorgelaat langs die snelweg.
Die saak word deur Witbank Polisie ondersoek.

LEES OOK:
Huilende vrou word verkrag
Verkrag deur iemand wat ek ken

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button