Kom bid vanaand saam vir Xavier
Dit gaan nie goed met die een maand oue Xavier Joshua Fourie nie

Dit gaan nie goed met die een maand oue Xavier Joshua Fourie nie. Mamma, Jeannine, het ’n baie moeilike keuse om te maak.
Sy toestand het baie versleg en Jeannine moet besluit of sy die masjiene wat hom tans aan die lewe hou, aan te hou en wag tot hy self sterf of die masjiene af te laat sit en sy orgaantjies te skenk.
Inwoners gaan vanaand om 18:30 by Life Cosmos Hospitaal bymekaar kom om vir Xavier en Jeannine te bid.
Daar word gevra dat elkeen ’n kers saambring.
“Dankie vir elkeen vir die mooi gebaar. Ek glo steeds vas dat niks onmoontlik is nie. Elkeen se gebed help,” het Jeannine gesê
Xavier lê die afgelope drie weke in die neonataal intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal gekoppel aan masjiene wat vir hom asemhaal nadat hy ’n virus in sy bloed gekry het.
