Local newsNews
[VIDEO] Opvolg: Bid vir Xavier
Gisteraand het emosies die oorhand gekry toe daar vir klein Xavier Joshua Fourie gebid was.

Gisteraand het emosies die oorhand gekry toe daar vir klein Xavier Joshua Fourie gebid was.
Trane het oor die groepie mense se wange gestroom toe daar vir die een maand oue seuntjie gebid is wat om sy lewe veg in Life Cosmos Hospitaal se neonataal intensiewesorgeenheid.
KYK VIDEO HIER:
Sy mamma, Jeannine is deur familie en vriende ondersteun.
Die familie bedank almal wat saamgekom en vir Xavier gebid het.
Die boodskap wat deur al die gebede deurgesyfer het is: “By God is niks onmoontlik nie.”
Daar word gevra dat almal steeds vir Xavier sal bid en ook vir Jeannine wat voor baie moeilike keuses staan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
