Local newsNews

Baba Xavier is dood

Die moedige klein vegtertjie is Dinsdag 23 Augustus dood.

Xavier Joshua Fourie het die stryd verloor.

Die moedige klein vegtertjie is Dinsdag 23 Augustus dood. Sy liggaampie kon eenvoudig nie die pas volhou nie.
Xavier het ’n huishoudelike naam geword, nie net hier in eMalahleni nie maar ook wêreldwyd nadat ’n Facebook blad ‘Pray for Xavier’ grense oorsteek het.

Oor die 2 000 mense het vir die een maand oue seuntjie gebid wat al amper vier weke lank in die neonataal intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal gekoppel aan masjiene wat vir hom asemhaal.

Jeannine1 (5)

’n Virus wat hy êrens opgetel het, was die oorsaak dat hy opgehou drink en gedehidreer het. Sy gewig het ook geval van 3.2kg na 2.5kg.

Dokters het sy mamma, Jeannine daarop voorberei dat Xavier se kans op oorlewing baie skraal is. Sy moes ’n besluit maak, of sy los die masjiene aan en wag tot sy liggaampie ophou terugbaklei of skakel die masjiene af en laat hom rus of skenk sy orgaantjies.

“Ek het so hard gebid dat God my nie deur die toets moet sit om die besluit te maak nie. Ek kon nie… Maar weereens was God ons genadig en het hy ingegryp en Sy engeltjie terug hemel toe gevat,”

het Jeannine gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button