Local newsNews
Opvolg: Geen verandering in Xavier se toestand
Die familie vra dat Jeannine die spasie gegun word om die keuse te maak.

Daar is nog geen verandering in die een maand oue Xavier Fourie se toestand nie.
Hy lê die afgelope drie weke in die neonataal intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal gekoppel aan masjiene wat vir hom asemhaal.
Mamma Jeannine staan voor een van die grootste keuses wat sy nog moes maak. Sy moet besluit of sy die masjiene gaan aan los en wag tot sy liggaampie ophou terugbaklei of skakel die masjiene af en laat hom rus of skenk sy orgaantjies.
Hierdie mamma en hierdie engel-seuntjie het elkeen se gebede baie nodig.
Die familie vra dat Jeannine die spasie gegun word om die keuse te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
