Local newsNews

Baba Xavier word volgende Saterdag begrawe

Die een maand oue seuntjie het Dinsdag 23 Augustus die stryd verloor

Die gemeenskap het die afgelope paar weke so ingeweef geraak in klein Xavier Joshua Fourie se kort lewetjie.
Die een maand oue seuntjie het Dinsdag 23 Augustus die stryd verloor nadat hy vir amper vier weke lank in die neonataal intensiewesorgeenheid in Life Cosmos Hospitaal verbete geveg het vir sy lewe.

Hy het ’n virus opgetel, opgehou drink en gedehidreer. Sy gewiggie het ook geval.
Dokters het sy mamma, Jeannine daarop voorberei dat Xavier se kans op oorlewing baie skraal is. Sy moes ’n besluit maak, of sy los die masjiene aan en wag tot sy liggaampie ophou terugbaklei of skakel die masjiene af en laat hom rus, of skenk sy orgaantjies.

Jeannine het kans gehad om haar seuntjie te groet voor hy dood is.

Xavier se roudiens word Saterdag 3 September om 13:00 by die AGS Sela-gemeente op die hoek van Birkholtz- en Steve Bantu Bikostraat gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button