Local newsNews

’n Verjaarsdag in die hemel

Hy het ’n pragtige hart gehad met soveel liefde vir almal maar los ’n leë spasie in sy familie se harte.

Hy het ’n pragtige hart gehad met soveel liefde vir almal maar los ’n leë spasie in sy familie se harte.
Mnr. Stephan Louw wat ’n inwoner van eMalahleni was het op 24 Augustus in ’n tragiese ongeluk sy lewe op die N4 snelweg verloor.

CV435rs
Stephan Louw verongeluk op die N4 snelweg op 24 Augustus.

In rou en trane moes sy vrou, me. Chantell Louw sy verjaarsdag net ’n dag na die tragedie, alleen vier en nog boonop vir hul seuntjie verduidelik dat,

“sy pappa nou in Jesus se hande is.”

Met boodskappe van familie en vriende wat ingevloei het op Facebook, is Stephan as ’n wonderlike mens geag en dat hy onthou sal word.

“Hy was ’n man wat altyd ’n glimlag gehad het en gaan vreeslik gemis word hier op aarde,” het een van sy familie vriende hartseer gesê.

LEES OOK:
42 Cars in 18 accidents on N4 highway
Tragedy on N4 as youngster dies

Back to top button