Local newsNews

Totsiens Baba Xavier

“Jou vlerkies was gereed, maar my hart was nie gereed om jou te laat gaan nie,”

“Jou vlerkies was gereed, maar my hart was nie gereed om jou te laat gaan nie,”

Jeannine Fourie se trane het hierdie sinnetjie op haar seuntjie se begrafnisbriefie met haar trane gevlek.
Xavier Joshua Fourie se roudiens is Saterdag 3 September by die AGS Sela-gemeente gehou.

Pastoor Willem van Staden wat die diens waargeneem het, het gesê dat as daar medaljes vir babas uitgedeel word, sou Xavier beslis een kry,

“Jy het soveel mense aangeraak Xavier. Jy het meer mense op hul knieë in gebed gehad as baie evangeliste. Jou werk op aarde is gedoen…”

ze363-1rs
Jeannine Fourie en haar oudste seuntjie Aiden du Plooy groet die een maand oue Xavier Joshua Fourie tydens sy roudiens wat op Saterdag 3 September gehou is.

Jeannine se vriend B.P. Horak se brief het baie mooi aangesluit by wat pastoor Van Staden gesê het. B.P het geskryf,

“ …Ek het so uitgesien om jou gesigsuitdrukking te sien as jy jou eerste vis vang, maar God se plan was om jou ’n visserman te maak, wie kon dink …”

In ’n hartroerende brief het Jeannine haar verflenterde hart op papier gesit,

“ …Hoe sê ’n mens totsiens? Jy het duisende mense se harte kom raak, jy het my siel kom red. Dankie dat jy my gekies het om jou mamma te wees. Liewe Jesus het jou vir my kom leen vir so ’n kort tydjie, net een week, ek het so lief vir jou geword…..”

Jeannine het na die roudiens gevra dat almal bedank moet word wat haar en Xavier die afgelope maand bygestaan het en ook die wat die roudiens bygewoon het. Sy het veral haar ma Desereé Fourie, Xavier se peetma Michelle van der Vyver en B.P. uitgesonder en gesê sy weet nie wat sy sonder hulle sou gedoen het nie.

LEES OOK:
Opvolg op baba Xavier
Baba Xavier is dood

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button