Miané sê vir eMalahleni eers vaarwel
“Ek probeer sover moontlik kontak hou met die inwoners van eMalahleni en hou hulle op ’n weeklikse basis op hoogte van haar vordering,”

“Weens omstandighede moes ons Kwa-Zulu Natal toe verhuis het, Ifafa om presies te wees maar is nog nie vir seker of ons terug kom of nie,” het die engelkind, Miané se ma Claudette Anslie gesê.
Miané wat op 9 November 2015 byna verdrink het toe sy in ’n opblaas swembad geval het by haar ouma se huis sê vir eers totsiens vir eMalahleni.
Haar ma het verder gesê dat sy dit só sal waardeer om in kontak met elke mens wat ’n toevoeging tot haar wonderwerk kind se lewe het, te bly aangesien Miané in soveel inwoners se harte gekruip het.
“Ek probeer sover moontlik kontak hou met die inwoners van eMalahleni en hou hulle op ’n weeklikse basis op hoogte van haar vordering,” het sy ook gesê.

Die engelkind van eMalahleni, Miané Anslie sê vir eers tot weersiens met haar groeiende glimlag.
Volgens die Anslie familie gaan dit vreeslik goed met Miané maar het steeds die dae waar dit minder goed gaan.
“Haar vordering is vinnig op pad na genesing en ons het net God om te dank daarvoor want Hy bly steeds in beheer. Haar glimlaggie het verander in ’n giggel en haar ogies doen al die praat werk. Ek sê vir myself asook my familie op ’n daaglikse basis dat sy vinniger as wat ons kan dink weer gaan rond hol,” het Claudette tevrede en opgewonde vertel.
Soos die gemeenskap van eMalahleni reeds weet, is daar ’n fonds gestig om Miané se hospitaalrekening te help delg.
Fondse kan direk in Life Cosmos Hospitaal se rekening inbetaal word.
Bankbesonderhede is as volg: FNB, Life Cosmos Hospital, tjekrekening: 54300040646, takkode 270250, verwysing: 443792 Anslie. Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812.
“Ek wil ook net dankie sê vir almal wat steeds ons bystaan, die gebede, die hulp en die bydraes. Hoe stel ek dit anders as om te sê julle is fantasties,” het sy dankbaar ten slotte gesê.
LEES OOK:
‘Geloof het Miané huistoe gebring’
Miané is sterk op pad na genesing
