Varkgriep doen sy rondtes
Volgens inligting ontvang van ’n betroubare bron, is die H1N1-virus, oftewel Varkgriep, besig om die rondtes te doen

Volgens inligting ontvang van ’n betroubare bron, is die H1N1-virus, oftewel Varkgriep, besig om die rondtes te doen.
Nog geen bevestiging van Life Cosmos Hospitaal of eMalahleni Privaat Hospitaal is ontvang van presies hoeveel gevalle aangemeld was die afgelope twee weke nie, maar daar word beweer dat hierdie virus sterk in eMalahleni vloei.
Die simptome is ’n hoes, koors, seer keel, geblokte of loperige neus, seer liggaam, hoofpyne en duiseligheid. Hierdie virus vertoon soos ’n gewone verkoue, maar sit vinnig om in longontsteking, long infeksie en ander asemhalingsprobleme. Dit kan ook asma en diabetes vererger.
Inwoners word aangeraai om vinnig by ’n dokter uit te kom indien enigeen ’n kort asemhalingspatroon toon, aanhoudend opgooi, erge pyn in die maag, lighoofdigheid of dronkheid ervaar.
In kinders kan dit ook vinnig opgemerk word deur ’n skielike hoë koors.
Inwoners van die stad word aanbeveel om eerder vinnige toetse te laat doen vir hierdie virus, sodat dit so gou moontlik behandel kan word.
LEES OOK:
Four people tested positive for Swine Flu
Poultry farming frozen for bird flu cleanup in French SW
