CrimeNews

Kruideniersware ryker maar karloos gelaat

Saam met sy vriendin het hy gaan kruideniersware koop, sonder die wete dat hy gaan terugkeer na ’n leë parkeerplek.

Saam met sy vriendin het hy gaan kruideniersware koop, sonder die wete dat hy gaan terugkeer na ’n leë parkeerplek.

Die slagoffer wat nie beskikbaar was vir kommentaar teen druktyd nie, het aan die polisie bevestig dat hy by ’n bekende inkopiesentrum gaan kruideniersware koop het. Volgens die verslag, het die slagoffer sy groen Mazda 323 in die parkeerarea gestop en met sy terugkoms by die parkering, was sy voertuig nêrens te sien nie.

Die saak is by die polisie aangemeld en nuwe inligting het steeds nie vorendag gekom nie. Die saak word steeds ondersoek.

LEES OOK:
Kruideniersware gesteel uit kattebak
Voertuig gesteel en teruggekry

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button