CrimeNews

Rustige aand verander in groot verlies

Die trauma het hom weerloos gelaat, en die verdagtes het toegang tot sy kamer verkry waar hulle aangedring het op geld.

’n Rustige aand voor die televisie het ontaard in iets wat die slagoffer nie vinnig sal vergeet nie.

Op Maandag, 19 September, omstreeks 00:15 het hy televisie gekyk en ’n geluid van buite het sy aandag getrek. In die kombuis het hy sy werker raakgeloop saam met vier verdagte mans. Hy het na sy kamer gehardloop waar hy homself probeer toesluit het.

Hierdie poging was immers nie suksesvol nie en een van die verdagtes het hom na bewering met ’n geweer teen die kop geslaan, waarna hy neergeval het.

Die trauma het hom weerloos gelaat, en die verdagtes het toegang tot sy kamer verkry waar hulle aangedring het op geld. Hy het aan hulle gesê dat hy niks het nie, maar hulle het aanhou soek. In sy baadjie se sak was versteekte geld wat hulle hul hande opgelê het, en volgens die slagoffer, het die verdagtes selfs in die dak gesoek vir geld.

’n Platskerm televisie, selfone, speelstasies en ook twee tablette was in die slagoffer se voertuie gelaai, en die verdagtes is weg met alles.

Die saak word steeds ondersoek deur die polisie, en die slagoffer was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

LEES OOK:
Beroof van juwele in die onderdorp
Besighede beroof in eMalahleni

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button