CrimeNews

Verkragting in bosse laat letsels

By die N4-snelweg het stukkies van ’n slagoffer se lewe agtergebly nadat sy daar verkrag is.

By die N4-snelweg het stukkies van ’n slagoffer se lewe agtergebly nadat sy daar verkrag is.

Op Sondag, 2 Oktober om ongeveer 18:30, het die slagoffer duimgegooi toe twee onbekende mans haar gedreig het met ’n mes. Sy het aan die polisie vertel dat sy haar handsak vir hulle gegee het, maar hulle het haar steeds na bewering met pepersproei in haar oë gespuit.

Sy het ook vertel dat sy na bewering in die bosse ingesleep is deur hierdie mans en hulle haar van die heupe af, ondertoe, begin uittrek het. Haar oë was toe, as gevolg van die nagevolge van die pepersproei. Sy was glo deur die eerste verdagte verkrag, nadat die verdagte haar beveel het om op haar rug te lê.

Die tweede verdagte wou haar na bewering ook verkrag, maar het toe nie oorgegaan na die daad nie. Sy het ook aan polisie vertel hoe die eerste verdagte haar na bewering vir ’n tweede keer verkrag het, en haar daarna in die bosse gelos. Haar selfoon en kontant is saam met die verdagtes weg. Geen arrestasies is gemaak nie en die saak word steeds ondersoek.

LEES OOK:
Huilende vrou word verkrag
Verkrag deur ’n familie ‘vriend’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button