Local newsNewsUpdate

Balmoral Brand – Alna se toestand versleg

“My ma het geval en voor sy kon opstaan was die vuur oor haar.”

Die gemeenskap word gevra om vir Alna Nortje te bid. Alna is in Life Cosmos Hospitaal se intensiewe sorgeenheid. Sy het Maandag 3 Oktober derdegraadse brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen tydens ’n weghol veldbrand op Balmoral.

Haar dogter Shané het gesê haar ma en oupa het albei gaan help vuur slaan na die vuur oor die pad na hul veld gespring het.

“My ma het geval en voor sy kon opstaan was die vuur oor haar.”

Haar oupa kon haar ma nie help nie omdat hyself gebrand het.

“My ma het groot asseblief almal se gebede nodig op die oomblik.”

Die familie vra almal se gebede vir Alna,

“Hou asseblief aan bid. Die Here is met haar en wat ook al mag gebeur gaan in Sy hande wees en onthou alles het ’n doel . Geloof moet sterk wees.,” het Shané gesê.

LEES OOK:
Vrou kritiek na brand haar oorval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button