Local newsNews

Wells-familie soek antwoorde na tref-en-trap

“Dit gaan baie sleg met hom. Sy arm en ook sy been is gebreek, die are in die been is beskadig en die tone het nie suurstof gekry nie, so dit sal afgesit moet word."

Baie vrae hang nog in die lug oor die tref-en-trap ongeluk waarin mnr. Daniël Wells (22) die afgelope naweek betrokke was.

Niemand het inligting oor die ongeluk Saterdag, 8 Oktober nie. Die bestuurder wat Daniël gestamp het, het na bewering van die toneel af weg gery.

ST716ars
Mnr. Daniël Wells wat in Steve Biko Hospitaal lê en veg vir sy lewe.

Wells het vlugtig vir sy suster me. Eva-Mari Wells gesê, dat hy in die geel baan geloop het, want hy was op pad huis toe by die ‘Beach’.

“Blykbaar het drie mans hom in die pad gekry na die ongeluk en die ambulans geskakel. Ons weet nie hoe lank hy reeds daar gelê het nie?” het me. Wells gesê.

ST716brs
Mnr. Daniël Wells.

Ambulansdienste was na die toneel ontbied en Wells is na Witbank Provinsiale Hospitaal geneem vir behandeling.
Sondagoggend, 9 Oktober het me. Wells ’n oproep ontvang dat haar broer in die hospitaal is.

Op hierdie stadium het hy in die intensiewe-sorgeenheid gelê in Witbank Hospitaal, waar hy vlugtig vir sy suster vertel wat met hom gebeur het.

Wells is later die dag na Steve Biko Hospitaal oorgeplaas, waar hy steeds in die intensiewe-sorgeenheid is.

“Dit gaan baie sleg met hom. Sy arm en ook sy been is gebreek, die are in die been is beskadig en die tone het nie suurstof gekry nie, so dit sal afgesit moet word. Hy het wonde op sy arm wat met steke geheg is en het al vyf operasies ondergaan. Hy lê met ’n oop buik, sy derm het ’n opening gehad wat gelas moes word. Hy is op dialise want sy nierfunksie is verswak en hy is op suurstof. Sy lyf is in septiese skok en daar is ook glasstukkies uit sy wonde gehaal waar daar nou ’n dreineringspyp in is,” het me. Wells gesê.

Die Wells familie is op soek na antwoorde oor die ongeluk, as iemand die ongeluk gesien gebeur het vra die Wells gesin dat hulle die inligting aan die polisie sal deurgee.

LEES OOK:
Tref-en-trap eis ‘n lewe
Voetgangers doodgery, familie soek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button