AfriForum in positiewe gesprek met burgemeester
Die plaaslike AfriForum-tak het onlangs ’n vergadering met die burgemeester, raadslid Lindiwe Ntshalintshali gehad rakende die probleme wat tans in eMalahleni in verskeie areas ondervind word.

Die plaaslike AfriForum-tak het onlangs ’n vergadering met die burgemeester, raadslid Lindiwe Ntshalintshali gehad rakende die probleme wat tans in eMalahleni in verskeie areas ondervind word.
AfriForum is baie goed ontvang op Donderdag,13 Oktober en die burgemeester was goed ingelig wie Afriforum is en watter dienste en verbetering reeds deur AfriForum in die gemeenskap verrig is.
Sy het AfriForum gekomplimenteer vir die positiewe rol wat hulle in die gemeenskap speel en het verder genoem dat daar partye is wat slegs wil veroordeel en samewerking weerhou.
Sy verwelkom die gesindheid wat AfriForum het deur nie net stil te sit en te kla nie, maar bereid is om hande te vat en saam ’n beter infrastruktuur te skep.
Een van die dringendste sake wat bespreek was is die rioolaanlegte wat nie op standaard funksioneer nie en rou riool stortings in die Olifantsrivier.
AfriForum en afgevaardigdes van die stadsraad gaan ’n gesamentlike inspeksie deur kundiges op 1 November doen om die probleme en tekortkominge bepaal. AfriForum het ’n groot rol gespeel by die herstel van Standerton se rioolaanleg wat teen ’n koste van R180 miljoen herstel is.
AfriForum beskou eMalahleni se rioolaanlegte as ’n prioriteit en glo dit is lankal tyd dat die probleem dringend aangespreek word.
Ander sake wat bespreek was, is straatligte wat vir maande buite werking is en ’n veiligheidsgevaar skep.
Die afronding van die taxi parkeerarea agter Klipfontein Checkers sloer nou al vir meer as twee jaar en niks word aan die situasie gedoen nie.
Die swak en halwe werk wat die stadsraad se kontrakteurs doen is onaanvaarbaar. Geen opruiming van grond en teer vind plaas nadat hulle ’n pad herstel het nie. Een gat word herstel en die volgende gat langsaan word oorgeslaan. Geen beheer of gehalte inspeksies word gedoen nie. Die belastingbetaler se geld word dus swak aangewend.
Die versorging van parke en middelmannetjies is ook aangespreek. Deurlopende onderhoud vind nie plaas nie.
Die vergadering het in ’n goeie gees plaasgevind en die burgemeester het haar voorneme uitgespreek dat al die genoemde sake aandag sal geniet.
Afriforum sal die situasie fyn dophou deur gereelde gesprekke.
Oktober was AfriForum se selfdoen-maand en is verskeie verbeteringe aangebring by kruisings waar stoptekenborde aangebring is. Stoptekens op die pad by kruisings is geverf, asook zebra-strepe by voetoorgange.
AfriForum wil elke lid in eMalahleni bedank vir hul bydraes.
“Met u bydraes kan ons eMalahleni’n beter plek maak. Ons spandeer baie geld in die gemeenskap, maar as ons een ongeluk kan voorkom het of ’n besering of ’n lewe gespaar het, dan het ons in ons doel geslaag,” het die sekretaris van AfriForum se plaaslike tak, mnr. Leon Viviers, gesê.
LEES OOK:
Afriforum invests in a greener tomorrow
Afriforum maak skoon
