
Die toestand tans in Koedoestraat is steeds nie opgelos nie, en besigheidseienaars dra steeds nie nagevolge.
In WITBANK NUUS se uitgawe van 2 Desember is daar berig dat Koedoestraat soos ’n slagveld lyk, as gevolg van al die gate in hierdie pad. Talle klagtes is aan die munisipaliteit gerig, maar tot op hede is geen terugvoer ontvang nie.
Volgens dr. Anita van Kraayenburg, wat hier ’n besigheid het, het die reën die afgelope paar weke, die pad vererger.

Die toestand tans in Koedoestraat.
“Ons het begin pale plant op die sypaadjie en wend ’n poging aan om die algemene vertoning van die pad te verbeter. Dit help nie ons doen iets, as mense nie die pad kan gebruik nie. Die hele pad sal oorgedoen moet word, so erg is die toestand al. Ek weet nie of die munisipaliteit dit gaan doen nie, want ek het al gehoor dat hulle nie geld het daarvoor nie. Die ander helfte van die pad se gate is wel toegemaak, maar daar waar dit die ergste is, word nie aan geraak nie. Al die besighede in die area word erg benadeel as gevolg hiervan. Ons is al raadop, want niks word eenvoudig gedoen nie,” het ’n moedelose Van Kraayenburg Dinsdag, 31 Januarie, gesê.
Volgens mnr. Kingdom Mabuza, munisipale woordvoerder, is die span tans besig in Dorindastraat, en sal daarna na Koedoestraat beweeg.
LEES OOK:
Koedoestraat lyk soos ‘n slagveld
No more roads left to repair
