MunicipalNews

Inwoners moeg vir maande se riool

"Die mense wat teenaan die riool bly, wil al hul huise verkoop,”

Inwoners van Tasbetpark is keelvol vir die riool wat onophoudelik vloei.

“Ek dink dit loop nou al vir ses maande. Die mense wat teenaan die riool bly, wil al hul huise verkoop,” het ’n inwoner Vrydag, 10 Februarie gesê.

Ook het sy bygevoeg dat die rioollek in ’n veld is, in Lyrestraat.

Die riooldam wat tans in Tasbetpark besig is om groter te word.

“Die snelweg is agter die huise. Daar is nie versperrings wat die voertuie keer om nie deur die veld te ry nie. Trok-en-voertuigbestuurders besluit dan sommer om van die snelweg af, deur hierdie veld te ry as ’n kortpad. Ek is van mening dat dit die rioolpype beskadig en dit het gelei tot die lek,” het sy ook gesê.

Nadat die munisipaliteit geskakel is in hierdie verband, het inwoners glo opdrag ontvang om elke dag te bel om uit te vind of daar enige progressie gemaak is met die herstel van hierdie pype. Glo is talle oproepe aan die munisipaliteit gemaak, maar geen herstelwerk is gedoen nie.

Mnr. Kingdom Mabuza, woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit is geskakel in hierdie verband, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button