NewsSchools

Hertzogatlete en sangatlete veg hard tydens TWK-Hoëveld Interhoër

Hertzog se atlete en sangatlete het geesdrif, uithouvermoë en entoesiasme getoon

Die TWK-Hoëveld Interhoër is hierdie jaar deur Hoërskool Volksrust aangebied.

Ten spyte van baie nat toestande het die Interhoër voortgegaan, maar ongelukkig nie enduit nie.

Hertzog se atlete en sangatlete het geesdrif, uithouvermoë en entoesiasme getoon.

Die dirigente was in pragtige Zulu- uitrustings geklee en het die toeskouers vermaak met ʼn puik opkoms en kreet wat spesiaal vir die geleentheid geskryf is.

Elke sangatleet het sy/haar hart uit gesing op die pawiljoen. Die gees wat hulle vir die atlete geskep het, het gesorg vir puik prestasies.

Op die baan het Generaal Hertzog se atlete nie teleurgestel nie.

Keanan Taljaard ploeg in die verspringput.

Hulle verower altesaam 29 medaljes, ses goud, sewe silwer en sestien brons.

Uitblinkoomblikke was volop en Cheyanne Ensor het vir een van vele gesorg.

Sy behaal ʼn hoogte van 1.50 m in hoogspring vir dogters o/14 en hierdie prestasie verseker dat sy as die beste junior dogter in spronge vir die dag aangewys is.

Anika Erwee stel ʼn nuwe rekord in skyfwerp vir dogters o/16 op met ʼn afstand van 32.25 m.

Lydia Wilsenach het ook die vorige driesprong rekord vir dogters o/17 laat spat met haar afstand van 10.57 m.

Cheyanne Ensor was aangewys as die beste junior dogter in spronge vir die dag.

Anika en Lydia is dan ook gesamentlik Hertzog se topatlete van die dag.

Alhoewel die Interhoër nou verby is, het verskeie atlete deurgedring na die sub-distrikte byeenkoms waar hulle die kans sal kry om deur te dring na die volgende rondte en uiteindelik vir ʼn plek in die MUSSA span.

Hierdie atlete is hard aan die werk en word met groot verwagting dopgehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button