NewsSchools

Atlete doen hul bes

Ons hou julle met groot verwagting dop

Die bobaasbloues se atlete het weereens skitterend gevaar by die jaarlikse TWK Hoëveld Interhoër wat hierdie jaar deur Ligbron Akademie aangebied is.

Hoër Tegniese Skool se atlete het puik prestasies behaal in verskeie baan- en velditems en het die bobaasbloues se naam hoog gehou.

Op die pawiljoen het ons sangatlete uit volle bors ons atlete ondersteun en die ander skole gewys wie die gees het.

Ruduan Roux in aksie tydens ’n 800 meter.

Die bobaasbloues het die een na die ander medalje ingepalm en spog hierdie jaar met 23 goue, 17 silwer en 21 brons medaljes.

Neo-Leigh Pieters het besonders goed gevaar en verwerf ’n uitmuntende vyf goue medaljes.

Nadat Ligbron Akademie die punte herbereken het en ’n verklaring uitgereik het met die korrekte uitslae, is HTS Witbank ook ongelooflik trots op die feit dat twee van hul langasems as die beste atlete van die dag aangewys is.

Britney-Lee van der Merwe ontvang die trofee vir Beste Junior Meisie – middle- en langafstande.

Ruduan Roux ontvang die trofee vir Beste Junior Seun – middle- en langafstande.

Baie sterkte aan die 48 atlete van HTS wat op Donderdag 28 Febrauarie aan die distrikte byeenkoms te HTS Middelburg deelneem.

Ons hou julle met groot verwagting dop.

“Baie geluk aan al die bobaasatlete, ons weet dit verg ongelooflike harde werk, selfdissipline en toewyding saam met Godgegewe talent. Julle is werklik ons skool se trots. Baie geluk ook aan die betrokke afrigters, julle is tops.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button