NewsSchools

Kolskoot vir HGH skuts

Daar is dus ook laerskoolleerlinge wat deel is van die HGH skietspan

Pistoolskiet het op hoë noot begin by HGH.

Skuts het in tiental opgedaag om deel te wees van die Hertzog-wenresep.

Tydens die eerste kompetisie wat ook plaaslik aangebied word het HGH skuts baie goed presteer.

Omdat skiet onder leiding van meneer Lukas Beeken op so ʼn hoë standaard is by Hoërskool Generaal Hertzog, wil leerders wat ernstig is oor dié sport almal deel in die aksie.

Daar is dus ook laerskoolleerlinge wat deel is van die HGH skietspan.

Die onder 12 leerders wat vir HGH skiet, is Janecke en Anoré Diedericks van Laerskool Kragbron.

Hulle het onderskeidelik eerste en tweede plekke behaal.

Nog twee toekomstige generale wat onderskeidelik eerste en tweede plekke behaal het, is Elandré du Preez en Dewald Louw.

Hulle is ook albei van Laerskool Kragbron.

Hoërskool Generaal Hertzog skuts neem deel in die onder 21 ouderdomsgroep.

Ethan Kruger behaal ʼn tweede plek, Gerhardus Liebenberg behaal ʼn tweede plek, Genevé Smith ʼn vierde plek en Jané Louw ʼn vyfde plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button