
Hoёr Tegniese Skool (HTS) Witbank se bobaaskoor, Toccata Vocce, werk tans baie hard aangesien daar binnekort met hul talent op kykNET NOU se gewilde program, Sing in Harmonie, gespog gaan word.
Die bloues was slaggereed toe die TV-span 25 April by HTS Witbank gaan kuier het.
HTS Witbank se koorfamilie, Toccata Vocce, is vier maande gelede deur ervare koordirigent, Victor Snyder op die been gebring.
Hy was al by verskeie kore betrokke en het ʼn absolute passie vir musiek en koorsang.
Hilda van der Westhuizen is tans die koorbegeleidster en Annette Robbertse tree as organiseerder op.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
