NewsSchools

HGH praat prontuit

Die spanne het bestaan uit twee lede elk by die seniors en 3 lede by die juniors.

In ’n handvol skole in Mpumalanga pomp die kultuurbloed nog baie sterk.

Op 3 Mei het hoërskool debatteerders hulle staal gewys in die ATKV debatkompetisie vir hoërskole.

Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Oosterland en Hoërskool Generaal Hertzog het op HGH tuisgrond hulle sê kom sê.

HGH bied jaarliks die Redenaars- en Debatkompetisies vir die ATKV aan en maak dit gewoonlik ʼn gebeurlikheid om na uit te sien.
Hertzog het vyf spanne vir die kompetisie ingeskryf waarvan vier spanne hulle betoë gewen het.

Die spanne het bestaan uit twee lede elk by die seniors en 3 lede by die juniors.

Belinda Pretorius, Rochelle Niemann en Maygan Haarhoff is almal in graad 8 en het na goeie afrigting en harde werk hulle betoog teen Hoërskool Oosterland van Secunda gewen.

Die senior wenspanne het almal hulle betoë gewen en het bestaan uit Rickus Beeken en David Liebenberg, Monja-Liri Oelofse en Cindy Gustafson en graad tien leerders Amoné Greyling en Teagan McKay.

David Liebenberg en Rickus Beeken het dan ook deurgedring na die semi-finale ronde.

Hoërskool Generaal Hertzog is die enigste skool in Witbank wat deelneem aan die ATKV Debat en Redenaars en is daarom dié skool vir leerders wat sterk voel oor hulle kultuur.

Tien redenaars van HGH het ook deurgedring na die ATKV Redenaarskompetisie se semi-finale ronde wat plaasvind op 31 Mei by HTS Middelburg.

Hulle is Melisca Bezuidenhout, Karla Janse van Rensburg, Londeka Mbokane, Nompumelelo Mbuli, Thando Masina, Xan-Marie Broekman, Zoë Kemp, Ameera Gani, Cailin Coetzee en Cindy Gustafson.

Hertzog is met hulle redenaars, debat, drama, kuns, koor en sanggroep die voorlopers in Witbank op kultuurgebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button