NewsSchools

Ystervrou aangestel as bloues se adjunkhoof

Sy is reeds sedert 1984 deel van die bobaasbloues se familie en haar drie spruite is ook trotse oud-bloues

Baie geluk aan Me. Magda Wolmarans met haar aanstelling as die nuwe adjunkhoof van die bobaasbloues.

Me. Wolmarans het haar hoërskoolloopbaan by Hugenote Meisies Hoërskool voltooi en daarna by Tukkies haar studies voortgesit.

Sy is reeds sedert 1984 deel van die bobaasbloues se familie en haar drie spruite is ook trotse oud-bloues.

Me. Wolmarans het ʼn ongelooflike passie vir onderwys en die ontwikkeling van ons kosbare jeug.

Sy staan aan die stuur van sake op Akademiese en Kultuurgebied en hanteer ook alle dogtersdissipline.

Me. Wolmarans se vakgebied is Fisiese Wetenskappe – duidelik een van haar groot liefdes.

Me. Wolmarans spog met baie jare se ervaring en ʼn rits kwalifikasies.

In 2018 het sy ook weer as Hoofmerker in haar vakgebied opgetree.

Sy het ʼn liefde vir die kunste en veral verhoogproduksies.

In haar spaartyd spandeer sy graag tyd saam haar familie en hul twee staffies, Butch en Bella.

Ons is ongelooflik dankbaar dat ʼn raakvatter-vrou soos Me. Wolmarans deel is van ons bobaasblou-skool.

Baie geluk met die aanstelling Mevrou, mag u elke dag sukses, vreugde en voorspoed ervaar.

Baie dankie vir alles wat u vir HTS Witbank doen, u harde werk en voorloop word opreg waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button