NewsSchools

Kragbron lewer reuse bydrae

Debbie Lloyd is in beheer van die ‘feed the miner’-projek en leerders het nie-bederfbare kos by haar gaan aflewer

Laerskool Kragbron het beslis hul bydrae gelewer om ’n hand by te sit daar waar dit die broodnodigste is.

Debbie Lloyd is in beheer van die ‘feed the miner’-projek en leerders het nie-bederfbare kos by haar gaan aflewer.

Vir die tweede agtereenvolgende week.

Dié poging was gedryf deur twee landsdieners wat hard werk om te kwalifiseer vir hulle moontlike Springboktoekennings aan die einde van die jaar. Nico Taljaard en Adriaan Liebenberg, beide in Graad 7, moes hard werk om hierdie reuse poging moontlik te maak.

Daar word in die derde termyn weer twee sulke pogings aangewend.

Die keer deur twee dogters, Divania Naicker en Kailin Few.

Hulle kwalifiseer ook vir moontlike toekennings.

Baie dankie aan elke Kragbron-ouer en -personeellid wat bygedra het tot hierdie reuse poging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button