NewsSchools

HGH krieket belowe om nie teleur te stel nie

Gedurende die Julie-vakansie het 41 spelers van HGH deelgeneem aan ʼn kliniek wat gelei is deur afrigters Quintie Naudé, Marco Barnard en Bernard van Wyk

Hoërskool Generaal Hertzog se seuns- en dogterskrieketspelers is reeds besig om voor te berei vir ʼn blink toekoms vir Suid-Afrikaanse krieket.

Gedurende die Julie-vakansie het 41 spelers van HGH deelgeneem aan ʼn kliniek wat gelei is deur afrigters Quintie Naudé, Marco Barnard en Bernard van Wyk.

Die afrigters van die verskillende spanne was ook teenwoordig om nie net te help met die afrigting nie, maar ook om te leer uit deskundiges se ervaring.

Die agt ure per dag was volgepak met boulwerk, veldwerk en kolfwerk.

Daar is klem gelê op verskillende aanlope en die tegniek van boulwerk en ook op die verskillende soorte balle wat geboul kan word.

Die kolwers het hulle verskillende soorte houe ingeoefen en ook geleer om wipballe te ontduik.

Tydens die veldwerksessies van 1 tot 4 Julie is klem gelê op lug- en grondveldwerk asook naby en vêr veldwerk, asook die hardloop tussen die paaltjies en veldwerkposisies.

Die nuut-ingeoefende tegnieke is saamgevat en toegepas in wedstryde op 5 Julie.

Met vyf afrigters wat vroeër in die tweede kwartaal hulle Krieket Suid-Afrika Vlak 1 Skeidsregterskursus in Potchefstroom voltooi het en nou wettige skeidsregters is vir skole- en klubkrieket in Suid-Afrika kan Hertzog net weereens suksesvol wees.

Onder leiding van meneer Tinka van Wyk, organiseerder van die seunskrieket en juffrou Anine Olivier, organiseerder van die dogterskrieket, sien die magtige maroen uit na ʼn uitnemende seisoen wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button