Die blou skool het gepronk met hulle top talent en ’n fantastiese produk op die planke gebring.
Op Maandag 12 Augustus was voorwaar ’n hoogtepunt op die Hoër Tegniese Skool se kalender.
Die gehoor was vermaak met Dewald Engelbrecht se towerende klavierklanke, Blessed Bapela se ongelooflike suiwer stem, Chané Opperman, Anthoné Vorster en Layla van Heerden wat met styl die gehoor verras het met hulle danse en moet nie vergeet van die dinamiese boetie en sussie duet deur Drystan en Danielle Sephto.
Tjaart van der Spuy het die beoordelaars aan sy lippe laat hang met sy ‘Beat Box’ vertoning. Nog ’n hoogtepunt van die aand was Monique Swarts wat ’n bitter interessante gedig oor MIV en VIGS gedoen het.
Dié aand was beslis uit die boeke gewees.
Baie geluk aan die deelnemers wat as wenners weggestap het.
Hierdie leerders is bederf met verskeie pryse en die skool wil baie dankie sê aan elke deelnemer, beoordelaar en kyker wat hierdie aand kon meemaak, “ons blou bloed bruis van trots”.
Volgende jaar maak ons weer so.
Baie geluk aan die volgende deelnemers wat as wenners weggestap het:
Algehele wenner is Anthoné Vorster, in die tweede plek was Tjaart van der Spuy, derde plek; Chané Opperman, vierde plek het gegaan aan Dewald Engelbrecht, in die vyfde plek is Johan Grobler, sesde plek is toegeken aan Janique van der Westhuizen en in die sewende plek was dit Blessed Bapela.
