WH De Klerkskool se krieketseuns het uitstekend presteer op die krieketveld en spog met opname in die Mpumalanga LSEN-Rhino’s span.
Die seuns het drie wedstryde in drie dae gespeel en al drie gewen.
Hulle het op Dinsdag 30 Julie teen Jim van Tonder in die LSEN-Liga te staan gekom en eerste gekolf na hul die loot gewen het.
Hulle het tydens die 25 beurte, ’n uitmuntende 331 lopies gemaak waarvan Calvin Meyer gespog het met 207 lopies van slegs 81 balle.
Hy word puik ondersteun deur sy spanmaats, Jason de Jonge, Andre en Jordan Hoare.
Hul ander spanmaat, Giepie Fisher het 42 onoorwonne lopies gemaak van net 23 balle.
WH De Klerkskool het Jim van Tonder uitgeboul vir 72 en wen met ’n skitterende 270 lopies.
Andre van Wyk roer met die bal en vat vyf paaltjies en staan slegs 24 lopies in 4.1 boulbeurte af.
Calvin het toe gespog met die man van die wedstryd en die span spog met ’n fantastiese wen.
Op Woensdag, 31 Julie het hul teen die Hoër Tegniese Skool, Middelburg te staan gekom in die tweede Nkangala Liga en wen die loot teen Middelburg en besluit om eerste te boul.
Andre van Wyk begin goed met drie paaltjies wat hy gevat het vir 30 lopies in sy vier boulbeurte.
Daarna het HTS Middelburg die boulers van WH De Klerkskool bietjie bygekom maar hulle slaan toe terug en boul dié span uit vir 162 lopies in die laaste boulbeurt.
Jordan vat drie vir 35 in sy vier beurte en Giepie vat twee vir 26 in 3.1 boulbeurte.
WH De Klerkskool het ’n puik openingvennootskap gehad van 49 lopies tussen Andre en Jason en gedurende die kolfbeurte het Jason 18 lopies gemaak, Andre 25, Calvin 24 en Jordan 28 lopies.
Hier het WH De Klerkskool nog 20 lopies gekort met drie paaltjies in die bank.
Gerhard en JJ van Zyl het toe die veld betreë as nuwe kolwers vir die wedstryd en hulle kolf puik en slaan die wenlopie met 15 balle en Gerhard maak 16 baie belangrike lopies wat die span tot nog ’n wen dryf.
Die man van die wedstryd was toegeken aan Jordan.
Op Donderdag 1 Augustus het WH De Klerkskool teen Platorand gespeel in die LSEN-Liga en wen weereens die loot en besluit om eerste te boul.
Hulle het Platorand uitgeboul vir slegs 33 waarvan Calvin vier paaltjies gevat het vir agt lopies in net vier boulbeurte.
Andre het drie paaltjies gevat vir drie lopies in sy vier boulbeurte en Reynhardt vat twee paaltjies vir ent een lopie in sy 1.2 boulbeurte.
WH De Klerkskool het wenlopies aangeteken in die sewende boulbeurt en wen die wedstryd met sewe paaltjies.
JJ, Gerhard, Thabiso Matlakhe en Andre Bezuidenhout het hier bygedra.
Om die kersie op die koek te sit, was die Mpumalanga LSEN-Rhino’s se krieketproewe op Dinsdag 6 Augustus gehou en tien van die dertien spelers in die wenspan is van WH De Klerkskool.
Die skool is baie trots op die leerders wat uitstekende krieket gespeel het die afgelope seisoen en wens graag vir Calvin, Giepie, Musa Mlandlazi, Andre van Wyk en Andre Bezuidenhout, Sakhile Mthimunye, Thabiso, Jordan, JJ van Zyl en Jason de Jonge geluk met hul uitstekende prestasie.
