Die Hoër Tegniese Skool se o.14 krieketseuns het die afgelope paar weke soos ware blou arende gesweef op die krieketveld.
Hierdie seuns het die bobaasblou-skool met elke wedstryd met trots verteenwoordig en hulle alles gegee.
Op Maandag 10 September het HTS Witbank met HTS Middelburg kragte gemeet en weereens skitterende krieket gespeel.
HTS Middelburg het eerste gekolf en maak 133 lopies vir die verlies van ses in 20 beurte.
HTS Witbank se manne maak 134 lopies vir die verlies van sewe in 18.2 beurte.
HTS Witbank wen die Rooies met drie paaltjies en eindig eerste in Nkangala.
HTS Witbank is besonder trots op hierdie jongmanne en hul afrigter, Meneer Clinton Scheidel.
