NewsSchools

Klippies ken van Afrikaans

In 2008 het die RRF uitgebrei na vier provinsies toe en in 2009 is dit vir die eerste keer op Nasionale vlak aangebied

Die Radikale Redenaarsfees (RRF) is vir die eerste keer in 2007 aangebied in Pretoria.

In 2008 het die RRF uitgebrei na vier provinsies toe en in 2009 is dit vir die eerste keer op Nasionale vlak aangebied.

Tans is daar deelname in al nege provinsies.

Die Radikale Redenaar se visie is om aan soveel as moontlik leerders die geleentheid te gee om voor mense op te tree.

Beoordelaars moet positief bydra tot die leerders se sprekerspersoonlikhede en kritiek moet opbouend van aard wees.

Die Radikale Redenaar streef daarna om die angel uit publieke optrede te haal en kinders se selfvertroue te verbeter.

Alhoewel die Radikale Redenaarsfees ’n kompetisie is, moet die fokus deurentyd op deelname geplaas word en die ontwikkeling van redenaars se lewensvaardighede moet aangemoedig word.

Die naweek was die nasionale rondte van die RRF gehou by Laerskool Constantia.

Lisa Machitela (10 jaar oud), ʼn trotse leerder van Laerskool Klipfontein, het eerste in Mpumalanga gekom en vyfde in die hele land vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal in haar ouderdomsgroep.

Dit is ʼn fantastiese prestasie en een wat beslis Laerskool Klipfontein se naam hoog hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button