Local newsNews

Jagters voed honger magies

Omdat kinders nie ’n gebalanseerde maaltyd inkry nie, kan hul liggaampies nie normaal ontwikkel nie

Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis ’n luuksheid.

’n Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede.

Dit is realiteit.

Omdat kinders nie ’n gebalanseerde maaltyd inkry nie, kan hul liggaampies nie normaal ontwikkel nie.

Solidariteit Helpende Hand se #HelpJag-veldtog vul dié gaping deur kinders by te staan om te verseker dat hulle gesond en gelukkig groot word.

Jy kan help deur ’n bok te jag wat dan gebruik gaan word om 8 000 behoeftige kleuters van ’n gebalanseerde maaltyd te voorsien.

Vanaf 2018 is 12 000kg vleis reeds geskenk vir dié projek.

Me. Annemarie van Heerden oorhandig hier aan mnr. Willie Viljoen ’n blykie van waardering vir die wildsvleis wat hy al vir die projek gegee het.

Hierdie oorhandiging het Donderdag, 17 Oktober by Bietjie Kaap Coffee Bar and Olive Deli plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button