CrimeLocal newsNews
Motorfietsryers ry teen plaasmoorde
Vrouens word gevra om ’n wit roos saam te dra en die mans ’n klein wit kruis.

Motorfietsryers van regoor die land word genooi om deel te wees van die 911 Riders se bewusmaking teen plaasmoorde.
Op 29 Augustus gaan die ysterperde brul om die wêreld bewus te maak van die slagting teen boere.
“Ons gaan ry vir die boere, want hulle is die kosmandjie van die land,” het mnr. TJ Mare van 911 Riders gesê.
Vrouens word gevra om ’n wit roos saam te dra en die mans ’n klein wit kruis.
Motorfietsryers en hul passasiers word ook gevra om wit bande om beide hul arms te dra asook wit gesigmaskers.
Vir meer inligting gaan na https://t.me/joinchat/KQmaMhgVfmuwGELbtpKL7g
Twee plaasaanvalle het Balmoral in rep-en-roer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
