Local newsNewsSchools

Gento maak ’n verskil

Hiérdie jong man is ook ’n baie telentvolle drommer en het by Talent Africa twee goue sertifikate bymekaargemaak

Om net ’n klein bietjie te gee, kan ’n lang pad gaan in vandag se tye.

Gento Basson (14), ’n graad agt leerling van Hoërskool Generaal Hertzog, het besluit om die maand sy sakgeld te gebruik om die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Witbank te ondersteun.

Hy het sy sakgeld gebruik om komberse, hondekos en katkos te koop en by die DBV af te lewer op Vrydag, 7 Augustus.

Gento het ’n groot liefde vir diere, hy sê: “Ek het net besluit 2020 is ’n baie moeilike jaar vir almal regoor die wêreld weens die coronavirus. Ons lees altyd oor die DBV in die koerant en aangesien ek baie lief is vir diere kon ek my net indink dat dit vir hulle ook moeilik is; ek het toe besluit om my sakgeld te gebruik en die DBV te ondersteun gedurende hierdie tyd”.

Hiérdie jong man is ook ’n baie telentvolle drommer en het by Talent Africa twee goue sertifikate bymekaargemaak.

Hy is ook gekies om deel te wees van die SA span wat Afrika gaan verteenwoordig by Talent America.

Gento is ’n baie diverse jong man, hy werk baie hard om seker te maak dat hy na skool toelating kry tot universiteit om sy aandag verder te vestig op diere – hy wil graag veeartsenykunde studeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button