Local newsNews

Ervare jagter breek been oor wyfie

’n Afrika wildehond moes by Witbank Dierehospitaal inboek toe hy sy voorbeen gebreek het.

Witbank Dierehospitaal het ’n baie spesiale gas. ’n Afrika wildehond moes kom inboek toe hy sy voorbeen gebreek het. ’n Operasie om skroewe en plate in die voorbeen te sit is op 18 Maart onder die wakende oog van plaaslike veearts, dr. Nolan Landman gedoen. Tussen die opgewonde lag-blaffies het die wildehond regop gesit en die wêreld beskou sonder dat hy besef dat hy die middelpunt van belangstelling is. SIEN VIDEO HIER

Dr. Nolan het gesê dié driejarige wildehond kom van die Loskop-area af.

“Hy het sy been gebreek toe hy in ’n draad vasgesit en gespartel het om uit te kom. Hy was agter ’n wyfie aan,” het Nolan gesê.

Nolan het gesê dié spesie is een van Afrika se mees bedreigde diere.

“Hulle getalle het drasties afgeneem oor die verlies van habitat en siektes wat hondsdolheid en hondesiektes insluit wanneer wildehonde met huisdiere in aanraking kom.”

Wildehonde is karnivore. Elke wildehond het ’n unieke pels, net soos ’n menslike vingerafdruk, en dit maak dit maklik om individue te identifiseer. ’n Gunsteling op hulle spyskaart is rooibok. Dit is al opgeteken dat hulle in Oos-Afrika groter wild soos sebras en wildebeeste al gevang het.

“Wildehonde paar seisoenaal en in sonnige Suid-Afrika word die werpsel in die middel van die winter gebore,” het Nolan aan WITBANK NUUS vertel.

Die spesie is baie sosiaal en bly die meeste van die tyd bymekaar. Hulle georganiseerde jagmetode help dat prooi nie maklik wegkom nie. Daar word vinnig gesê wildehonde is barbaars omdat hulle die prooi somtyds vreet terwyl dit nog lewendig is. Die wildehond sal nog ’n rukkie by die dierehospitaal moet oorbly alvorens hy kan terugkeer na sy eie huis toe. LEES VORIGE ARTIKELS OOR WITBANK DIEREHOSPITAAL HIER:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/159179/keep-nolan-and-liz-safely-tucked-in-a-kennel/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/159476/now-you-can-keep-an-eye-on-nolan-and-liz-in-their-kennels/

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:  Instagram Twitter Witbank News toep   Facebook page Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button