Local newsNews

Sanitêre benodighede maak ’n reuse verskil

Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre benodighede en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan meisies op ’n kwartaallikse basis.

Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre benodighede en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis. LEES MEER:

#HelpHetta-projek skop af

https://www.citizen.co.za/witbank-news/132458/helphetta-projek-skop-af/

#HelpHetta, tekkies & toks, iets vir meisies en seuns

https://www.citizen.co.za/witbank-news/170993/helphetta-tekkies-toks-iets-vir-meisies-en-seuns/

Na aanleiding van die bogenoemde, is die projek in 2015 deur Solidariteit Helpende Hand gestig en poog dit om meisies die vernedering te spaar, hul waardigheid te beskerm en te verseker dat hul elke dag skool, buitemuurse en sosiale aktiwiteite kan bywoon. Persoonlike higiëne is ’n platform vir die bemagtiging van meisies. Navorsing het getoon dat meisies wat nie sanitêre doekies het nie tot 52 skooldae mis.

Helpende Hand Witbank-tak is besig om sanitêre benodighede vir die projek in te samel. Ons het reeds saam  met verskeie skole hande gevat om van die projek ’n suksesverhaal te maak. Saam met die gemeenskap wil ons ’n verskil in ’n jong meisie se lewe maak,” het me. Sonja le Roux, voorsitter van die plaaslike Helpende Hand tak gesê.

As jy betrokke wil raak, kontak gerus vir Sonja by 082 894 7950. Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:     Instagram      Twitter     Witbank News toep    Facebook page Witbank News Breaking    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button