Local newsNews

Is jou woef of kiets die mooiste?

Die Saterdag se dierekompetisie by Witbank Dierekliniek gaan vir sommer baie opwinding sorg.

Diere-eienaars word genooi om te kom spog met hulle viervoetige kinders. Wagter of Kietsie kan vanjaar die kroon dra vir die mooiste hond of kat in eMalahleni. Die komende naweek se kompetisie by Witbank Dierekliniek gaan vir sommer baie opwinding sorg. Die kompetisie Saterdag, 1 Mei bestaan uit drie kategorieë naamlik beste aangetrek, lyk-na-mekaar en natuurlik die beste toertjies.

“Inskrywing is R10 per kategorie en daar is groot pryse op die spel,” het plaaslike veearts Nolan Landman aan WITBANK NUUS  gesê.

Inskrywings vind tussen 09:00 en 09:30 plaas en die kompetisie gaan vanaf 09:00 tot 12:00 plaasvind. Alle honde moet op leibande wees en katte in kathokke. Daar sal stalletjies wees om die leë magies te vul. Mense kan hul eie kampstoele en sambrele saambring. Daar gaan ook streng opgetree word ingevolge die Covid-19 regulasies en maskers is ’n moet. Vir meer inligting skakel gerus Witbank Dierekliniek by 013 110 0907. Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button