Local newsNews

Helpende Hand se maatskaplike werkers loer in

Tydens die besoek aan Witbank-tak op Donderdag, 22 April is die dinkskrum-pette opgesit.

Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers het onlangs ’n blitsbesoek aan hul takke in die Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noordstreek gedoen.

Dié streekbesoek was gekenmerk met lekker lag, insette, luister, meeleef en raadgee.

“Ons streek se hartklop is weer sterker hoorbaar,” het die streekvoorsitter me. Annemarie van Heerden gesê.

Tydens die besoek aan Solidariteit Helpende Hand Witbank op Donderdag, 22 April is die dinkskrum-pette opgesit en is daar projekte gedeel wat vir die nabye toekoms beplan is.

Dit was veral die volhoubare projekte soos die ‘Vol-sirkel-projek’ waar bejaardes die teikengroep is wat deur die maatskaplike werkers Christia Potgieter en Elmarie Erasmus Booysen as baie oorspronklik beskryf is.

Christia en Elmarie het eerstehands beleef dat dié tak nie ’n oomblik stilsit nie.

“Ons het soveel om terug te gee vir die gemeenskap. As jy wil inskakel is jy meer as welkom om by ons aan te sluit,” het me. Sonja le Roux die takvoorsitter gesê.

Volg gerus die tak se projekte op hul Facebook-blad.

  Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News toep

     Facebook page

     Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button