Koue word gekniehalter met warm komberse en hope liefde
Solidariteit Helpende Hand saam met Ladies Circle (in formation) het dit reggekry om 405 komberse in te samel.
Solidariteit Helpende Hand saam met Ladies Circle (in formation) het dit reggekry om 405 komberse in te samel.
Deur met die gemeenskap hande te vat het die kombersberg Vrydag, 28 Mei voor Ons Winkel in Reynorif aangehou groei tot ’n reuse hoop warm liefde.
“Elke kombers is met sorg en liefde gegee. Die gemeenskap het die noodroep gehoor en na Ons Winkel gestroom en die komberse afgelaai. Elke kombers gaan iewers vir iemand skuiling bied teen die ysige winterkoue,” het me. Sonja le Roux, voorsitter van die Helpende Hand tak gesê.
’n Warm dankie word gegee aan lede van die publiek en die motorfietsklubs wat komberse geskenk het.
’n Baie groot dankie word ook aan pastoor Deon Scheepers en sy gemeente gegee vir die heerlike sop en vetkoek waarmee hulle die brawe groep mense mee kom bederf het.
Deel jou nuuswenke met ons via:
- Telefoon: 013 656 2490
- WhatsApp: 060 866 8682
- Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram
Twitter
Witbank News toep
Facebook page
Witbank News Breaking




