Leiers van 2022
(Voor, van links): Reratilwe Kgobe, Siyamthanda Henen, Hannelie Dermatis, Wanja Smith, Jessica de Lange, Nothani Buthelezi, Rukert Reichert, Sebastian Steenkamp, Dante Kocaj en Dewaldt Eckard en (agter): Basetsana Makhalemele, Sinenjabulo Lukhuleni, Le-Keisha Naudé, Marli Terblanche, Wilmien Potgieter, Dakalo Ketiso, Zandré van den Berg, Romeo Visser, Renardo Kapp en Victor Dibakoane is die nuutverkose leiers van Laerskool Onverwacht.
Hoofleiers hou leisels styf vas hulle is Nothani Buthelezi (hoofseun), Rukert Reichert (onderhoofseun), Jessica de Lange (hoofmeisie) en Wanja Smith (onderhoofmeisie) het Laerskool Onverwacht se leisels styf in hul hande.
Ryan is veelsydig
Ryan Nel van Laerskool Onverwacht het trofee ontvang vir 100% getroue skoolbesoek, senior krieketspeler van die jaar, beste vakprestasie ‒ in Afrikaans, sosiale wetenskappe en kreatiewe kunste en hy is ook die beste seunstudent in akademie.
Krieket en natuurwetenskappe is Andréa se kos
Natuurwetenskappe is vir Andréa de Wet van Laerskool Onverwacht tweede natuur. Hy het trofee ontvang vir beste vakprestasie in natuurwetenskappe, senior krieketspeler van die jaar en hy was ook vanjaar die skool se hoofseun.
Rodé gee om en is betrokke Laerskool Onverwacht se hoofdogter, Rodé Coetser is aangewys as die landsdiener van die jaar.
Harde werk werp vrugte af Tumelo Pala se harde werk in ekonomiese bestuurswetenskappe en lewensoriëntering het hom erkenning besorg. Tumelo is ’n leerder van Laerskool Onverwacht.
Die mooi van Afrikaans Laerskool Onverwacht se Ntokozo Ngwenya het die beste vakprestasie behaal in Afrikaans eerste addisionele taal.
Taal fundi vat trofee Roneoa Mphaphuli het weggestap met die trofee vir beste vakprestasie in Engelse huistaal. Die taal fundi is van Laerskool Onverwacht.
Slimkop Sunick Swart is Laerskool Onverwacht se beste dogterstudent in akademie.
Stian is gerat met tegnologie In Stian Naudé van Laerskool Onverwacht se kamer pryk die trofee vir beste vakprestasie in tegnologie.
Een plus een is twee Reinhart Koekemoer is Laerskool Onverwacht se nommers-man. Hy laat wiskunde baie maklik lyk.
Sy kan Engels praat Evangelique Steyl het die trofee ontvang vir Engels eerste addisionele taal. Die leerder is van Laerskool Onverwacht.
Op die verhoog is sy tuis Amorei McDermid is Laerskool Onverwacht se kultuurdogter van die jaar.
Kultuur laat Rukert glimlag Laerskool Onverwacht se kultuurseun van die jaar is Rukert Reichert.
Juandré werk hard Juandré Visser het die trofee ontvang vir beste vordering van die jaar tydens Laerskool Onverwacht se meriete-toekenning.
Sy gholfstokke praat Wiandré Swart van Laerskool Onverwacht het die beste gevorder in gholf die afgelope jaar.
Liyema se gholfsak is altyd gereed Liyema Mtsweni is aangewys as Laerskool Onverwacht se senior gholfspeler van die jaar.
Sebatian boer op die gholfbaan Sebatian Stratford is die junior gholfspeler van die jaar vir Laerskool Onverwacht.
Danielle weet als van visvang af Visse ontsnap nie Danielle Janse van Rensburg se hoek nie. Sy is aangewys as Laerskool Onverwacht se beste senior dogter hengelaar vir die jaar.
Kom leer visvang by die Kempies Nadia, Dian en Reghard Kemp is aangewys as Laerskool Onverwacht se hengelaars van die jaar.
Krieketsterre Brussöw de Wet en Wiandré Swart deel die trofee vir junior krieketspeler van die jaar. Die twee kranige krieketspelers speel vir Laerskool Onverwacht.